Read the full article here on BibleStudents.co.za
Bone-Day Book One First Test-Checks
Beendag in Markus 14 veronderstel
Heel, héél aan die begin toe ek nog geen maar géén idee gehad het of kón gehad het oor enigiets van enigiets in die rigting van die “Beendag” van die Laaste Lyding van Christus nie, gebeur die begin van dit alles –geheel en al onbewustelik vir my – toe al die tyd met die “Beendag”!
En heel laaste – ná menslik gesproke ’n leeftyd later so halfpad twee en sewentig toe – kom ek dit eers agter!
Wat kom ek toe nóú eers agter?
Dat die “Beendag” met ‘vertaling’, in Markus 14:12,17 Matteus 26:17,20 Lukas 22:7,14 – waar dit oor “die eerste dag … wanneer hulle die pasga geslag het” –, per ongeluk die Kruisigingsdag gemaak was. Wat beteken het dat “die héél eerste dag” wat “julle suurdeeg moet VERWYDER”, “die eertse dag” wat “julle ongesuurde brood moet EET”, geword het.
Nee; dit weet ek al lankal; moet honderde male wees dat ek al daaroor geskryf het … Dit gaan eintlik, oor die “Beendag”— verstaan? … waaroor die vroegste vertalers geen benul gehad het of kon gehad nie omdat hulle almal die LXX sonder raadpleging van die Hebreeus nagevolg het. Hulle het sondermeer “die eerste dag … wanneer hulle die pasga geslag het”, vertolk as “die eerste dag van ongesuurde brode”.
In die LXX word nie onderskeid – soos in die Hebreeus tussen “die héél eerste dag moet julle suurdeeg VERWYDER” en “die eerste dag [van die volgende “sewe dae” wat] julle niks gesuurd mag eet nie” –, getref nie.
… continue reading more on BibleStudents.co.za