Johannes 19:39 “By Die Eerste Nag”, ‘nuktos to prooton’

9 Sep

<< MAIN PAGE – www.biblestudents.co.za

Johannes 19:39 “By Die Eerste Nag”, ‘nuktos to prooton’

 

“Die” met hoofletter omdat “Die Eerste Nag” die NAAM van die nag was: Dit was “Dié” betekenisvolle, “Éérste Nág” van die Joodse pasga, hulle “Nag van Substansie” omdat dit die eerste nag was om hulle uittog uit Egipte te gedenk het.

 

‘Hierdie Presiese Nag’ [soos dit in die KJV in die Ou-Testament vertaal word: “The Selfsame Day”], gebeur baie, en gróót, dinge – soos Johannes skryf: “omdat dáárdie dag groot dag se rusdag (of) sabbat [van die Joodse pasga] was”.

 

Dit het inderdaad alreeds aand geword en die Voorbereidingsdag wat die Voorsabbat is, het begin.” Markus 15:42 Mattheus 27:57. ‘Kai eedee opsias ghenomenees epei een Paraskeuee ho estin Prosabbaton.’

 

“Omdat dit Voorbereidingsdag was [wat aangebreek het] het die Jode Pilatus gevra dat [die gekruisigdes se] bene gebreek moes word en hulle verwyder kon word.” ‘Hoi oen Joedaioi epei Paraskeuee een … eerooteesan ton Pilaton hina kateaghoosin autoon ta skelee kai arthoosin.’ Johannes 19:31.

 

Die soldate het daarom gekom en die eerste en die ander gekruisigde saam met hom se bene gebreek; maar een van die soldate het Jesus … se sy met ’n spies deursteek.” ‘Eelthen oen hoi stratiootai kai toe men prootoe kateaksan autoe ta skelee kai toe alloe tou sustauroothentos autooi; epi de ton Jeesoen elthontes … heis toon stratiootoon longgei autoe tehn pleuran enoksen.’ Johannes 19:32.

 

“Maar ná hierdie dinge …” ‘meta de tauta …’ Johannes 19:38 …

 

“… skielik daag ’n man met die naam Josef daar op … wat self (ingaan en) voor Pilatus kom staan en hom vir Jesus se liggaam vra.” ‘Kai idou aneer onomati Jooseef … hoetos (eiseelthen) proselthoon tooi Pilatooi eeiteesato to sooma tou Jeesoe.’ Lukas 23:50,52 (Markus 15:42).

 

“Maar Pilatus was verbaas dat Hy al dood was; hy het die hoofman oor honderd laat roep en hom gevra of Jesus al klaar dood was; toe hy dit met die hoofman bevestig het, het hy die liggaam aan Josef toegestaan.” ‘Ho de Pilatos ethaumasen ei eedee tethneeken; kai ghnoes apo toe kenturioonos edooreesato to ptooga tohi Jooseef.’ Markus 15:44,45.

 

“Josef het daarom gekom het en Sy liggaam weggevat”, ‘(Jooseef) eelthen oen kai eeren to sooma autoe’. Johannes 19:38c.

 

Waarnatoe?

Na waar Pilatus dit “(laat) skenk / aflewer het”, ‘edooreesate’ Markus 15:45, “beveel het (dat dit vir Josef) gegee / gelewer / gestuur moet word”, ‘ho Pilatos ekeleusen apodootheenai’ Matteus 27:58.

 

Waar was dit?

Waar “Josef die liggaam ontvang het en toegedraai het”, ‘laboon to sooma ho Joseef enetulisen auto’ Matteus 27:59;

Waar Josef, nadat hy “skoon linne gaan koop het”, teruggekom het en “die kadaver plat neergelê en skoongemaak het”, ‘ptooma katheloon’ (‘kathaireoo’, ‘neerbring’ en ‘reinig’), “en hom toegedraai het” Markus 15:46.

 

Dít was waarnatoe “Nikodemus toe ook gekom het.” ‘Eelthen de kai Nikodeemos.’

 

“Al hierdie dinge” – EN NOG BAIE MEER – binne enkele oomblikke nadat Jesus gesterf het, <dieselfde dag net voor sononder> waarop Jesus GEKRUISIG WAS EN GESTERF HET?!

‘Eelthen de kai Nikodeemos ho elthoon pros auton nuktos to prooton …’

“Nikodemus het toe inderdaad gekom— hy wat hom (Josef) voor (dit) by Die Eerste Nag [by die pasga-ete] teengekom het …” waar hulle toe natuurlik afgespreek het om mekaar weer te ontmoet om Jesus se liggaam vir die graf voor te berei “soos dit eties van Jode verwag word om te begrawe”—veral wat “HIERDIE PRESIESE EERSTE NAG” van “Ongesuurde Brood”, “BEEN-dag” en “Fees”, en “groot-dag-sabbat” volgens die Torah / Wet, aanbetref.

 

Om hierby uit te gekom het, moes ek sonder voorbehoud of bevooroordeeldheid of vooropgesteldheid, en so ver as moontlik, letterlik vertaal het— gevolglik TEENOORGESTELD die “belangrike rigtingwyser vir die kerk van vandag” om “… eerder as om die verskillende teksgetuies van die Ou-Testament teen mekaar af te speel òf aan mekaar gelyk te stel, [te] probeer vasstel watter verband (die verskillende teksgetuies) gehad het met die manier waarop ’n bepaalde godsdienstige gemeenskap HOMSELF verstaan het.” Ds Wouter van Wyk van RAU, ‘Konteks’ Jan/Feb 1999 bls.11

 

Ek stem net nie saam met die ‘dinamies ekwivalente metode’ van vertaal nie. Al hou <die manier waarop ’n bepaalde godsdienstige gemeenskap homself verstaan> hoe nou of hoe ver verwyderd <verband> met die – so na as moontlik – aan mekaar gelykgestelde Tekste, moet die <gemeenskap> en sy vertalers hulleself aan die Skrif onderwerp en nie die Skrif aan húlle, wil onderwerp nie.

 

Soos u in die besprekings vorig en hierby verskaf, sal sien, het die Sewentig met “Nag” vir “Been-Dag” in Exodus 12:40,41 vertaal.

 

“Been DAG” was “Die Eerste Dag (van) Ongesuurde Brood Eet” of “Die Eerste Dag (van) Ongesuurde Brood Fees”, en word in Exodus 12:40,41 “in Die Nag” in die LXX vertaal— d.w.s., “Die Eerste Nag” van die “Fees van Ongesuurde Brood”.

 

Ek herhaal [na aanleiding van my vorige insette aan u afgelewer]: As mens Johannes 18:28 lees waar die Jode geweier het om in Pilatus se huis in te gaan omdat hulle hulleself sou verontreinig het sodat hulle nie die pasga-ete in die volgende nag sou kon eet nie, sien mens daarenteen dat “Toe dit al aand geword het” Markus 15:42 Matthews 27:57 Johannes 19:31, dieselfde Jode nie gehuiwer het om Pilatus se huis in te gegaan het nie; wat slegs kan beteken dat hulle toe intussen hulle pasga geëet kon gekry het.

 

Ons het ook gesien dat die dissipels toe “dit nag was”, “voor die Fees”, Johannes 13:30 en 1, gedog het dat Judas “iets vir die Fees” die vólgende nag —“Die Eerste Nag”— “gaan koop” het.

 

Uit elke moontlike hoek beskou was Johannes 19:39 se “Die Eerste Nag”, “die eerste dag (wat) julle ongesuurde brood moet eet … die eerste dag van sewe dae (wat) julle ongesuurde brood moet eet” in die OT GENAAMD: “hierdie die PRESIESE BEEN-DAG” en hier in Johannes GENAAMD: “Die Eerste Nag” — van Ongesuurde Brood Fees natuurlik.

 

Dis HIER waar Josef en Nikodemus met mekaar afgespreek het wat hulle “Die Eerste Nag” verder, omtrent die liggaam van Jesus—TOE NOG AAN DIE KRUIS—sou doen.

 

“Die heel eerste dag van suurdeeg-verwyder” Eksodus 12:15, “die eerste dag wat hulle die pasga moes slag” Markus 14:12 Matteus 26:17 Lukas 22:7, “die veertiende dag van die Eerste Maand” Exodus 12:4 Levitikus 23:6 —— was “EERSTE eerste dag” van ‘pasga’.

 

“Die eerste dag (wat) julle geen gesuurde kos mag eet nie”, “die eerste dag (wat) julle ongesuurde brood moet eet” —— was tweede, “eerste dag” van pasga, dit is, “Die Eerste Dag van Ongesuurde Brood Fees”; ook genoem “sabbat” en “groot dag sabbat” of net “groot dag” [KJV, ‘high day’] van pasga— Let wel: GENAAMD “BEEN-DAG”.

 

In 19:39 skryf Johannes van Eksodus 12 se “Been-dag” se nag, en NOEM dit “Die Eerste Nag”.

Lukas verwys retrospektief na hierdie dag in 23:54 EN SOOS DIE HERE SEKER BESKIK HET in die KJV vertaal met “THAT DAY” … “DAARDIE”: “BEEN-DAG”! Wat het ek misgekyk? En het ek raak gesien?

 

Kan daar (naas “die dag Die Sewende Dag Sabbat-VAN-DIE-HERE-GOD”) ’n BETER GEÏDENTIFISEERDE “Dag” wees?! ’n ‘Bybel-dag’ wat nieteenstaande met die manier waarop die Christelike gemeenskap HOMSELF HUIDIGLIK verstaan — wat nie naastenby verband hou met die Ou-Testamentiese betekenis nie — <vertaal> word? Dis mos nie vertaling nie; dis die Woord van God by die mens aanpas!

 

 

 

 

 

Leave a comment